Mutunus Tutunus

’n Denarius wat deur Quintus Titius uitgereik is, vermoedelik met die kop van ’n bebaarde Mutunus Tutunus.

Mutunus Tutunus of Mutinus Titinus was in die Romeinse mitologie ’n falliese huweliksgod wat soms met Priapus vergelyk word. Sy tempel was op die heuwel Velia, glo van die stigting van Rome tot die in 1ste eeu v.C.

In rituele voor die huwelik was Romeinse bruide veronderstel om op Mutunus se fallus te gaan sit om hulle vir seksuele omgang voor te berei. Die Kerkvaders het die daad beskou as ’n vulgêre manier om iemand se maagdelikheid te verloor.[1] Die Christelike apologeet Arnobius het vertel hoe Romeinse vroue vir ’n rit (inequitare) geneem is op Tutunus se "aaklige fallus" met sy "enorme skandalige dele".[2]

Volgens ander bronne is die bruide egter so geleer om nie verleë te wees oor seks nie.[3] Die 2de-eeuse grammatikus Festus is die enigste Latynse bron wat notisie van die god neem, en die kerkvaders was waarskynlik vyandiggesind of bevooroordeeld in hul beskrywings.[4]

  1. H.J. Rose, The Roman Questions of Plutarch: A New Translation (Oxford: Clarendon Press, 1924, herdruk 1974), p. 84 online.
  2. Arnobius, Adversus nationes 4.7 (sien ook 4.11).
  3. Lactantius, Divinarum Institutionum 1.20.36
  4. Ronald Syme, The Augustan Aristocracy (Oxford University Press, 1989), p. 6, nota 37; W.H. Parker, Priapea: Poems for a Phallic God (Routledge, 1988), p. 135 online

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy